Die SA Golfer groep bestaan uit meer as 400 Suid-Afrikaans golf spelers.

Daar word elke maand ’n kompetisie gereël met minimaal 80 deelnemers.

Voertaal is meestal Afrikaans want die stigter van die groep kom van die Vrystaat af.

Die hele organisasie is non-profit. Ons is afhanklik van sponsers.

Vir Suid Afrikaners is Golf deel van de sosiale kultuur.
Dit is ook nie anders by ons SA Golfdae nie.

Die doel van die SA Golfdae is om Suid-Afrikaners, die wat toevallig ook golf speel,
bymekaar te kry vir ’n lekker kuier, lekker Afrikaans te praat, vriende te maak en
die volgende braai te bespreek.
Kom ook om die golf te geniet, maak ook kennis met die spelers in die ander flights
en kuier lekker saam. Hier word vriendskappe en herinneringe gemaak.

Alhoewel dit sosiale golf dag is, is daar spelers vir wie dit ’n ernstig saak is.
Ons het golfers in die groep van +2 t/m 42 handicaps.

Mans en dames met handicaps vanaf +1 tot 54 is welkom om saam te speel.
By die prysuitdeling en ete(opsioneel), aan die einde van die dag, is gaste van
spelers ook welkom.

Almal kan deelneem op voorwaarde dat jy ’n Suid-Afrikaanse golf speler is/was.
Indien jy belangstel om saam te speel, stuur ’n email aan: info@sagolfer.com ,
met:

       – Volle naam
       – Telefoon nommer
       – Handicap
       – Dorp/Stad waar jy woon

error: Content is protected !!